Ek is nog altyd siek. Ek dink net nie dis meer dieselfde siekte nie? Ek voel net nog steeds pretty crap. Steven is besig om die klaskamers skoon te maak maar ek gaan verseker nie aanbied om te help nie. Ek moes nou vanoggend 11uur hier gewees het ipv 11:30 om die nuwe maand se skedule te bespreek en Steven het nog nie 'n woord met my gepraat nie. Nie asof ek anyway enige se het nie?? Ek hou regtig nie daarvan om vir hom te werk nie. Ek dink hy is 'n biekie clueless. Dit en die feit dat hy my soos 'n besitting behandel. Ek weet hy betaal my ma jeez.
Ek dink ek sal myself limit tot net een House episode vanaand en dan kyk of ek nie vroeer kan gaan slaap nie.
O en natuurlik het ek NIE vandag my sambreel saamgesleep nie en nou reen dit. Dit nadat ek spesifiek vanoggend die weer gekyk het. Fantasties.
Ek dink ook ek het 'n oormaat Vitamien C die naweek ingekry en dit het nogsteeds nie gewerk nie. Ek wonder of te veel Vitamien C newe effekte het. Ek wonder of die newe effekte nie dalk beter sal wees as die verkoue wat huidiglik ervaar nie.
O en het ek vertel van my en Sossie se total useless trippie Bupyeong toe Saterdagaand? Trek mooi aan, straighten die hare, pak die kamera in en wat? All dressed up with nowhere to go. Sossie het dit actually gese voor ons by haar gebou uit is. Dalk het sy ons gejinx.. Ons was by Woodstock, Goose Goose, G7 EN Rockbar. Daar was niemand wat ons geken het nie. Toe gaan ons maar terug Woninjae toe. Kom by Far from Home en dit was sommer toe. Wat 'n teleurstelling. Toe gaan koop ons maar vir ons munchies en gaan terug flat toe. Dit was ook nie lank voor ek uitgepass het nie so dit was seker maar goed so. Ek het seker maklik so 12 ure geslaap. Mens sou dink dat ek biekie beter sou voel met die wakker word proses. Toe nou nie.
Vandag het nog nie eens begin nie en ek is al klaar nie lus vir more nie. Ek love die kindertjies maar my companion creep my uit.. Hy en die antie in die kombuis. Sodra ek my kamera gekoop het moet ek hulle eenvoudig net afneem dat ek dit op Facebook kan post.
Ek is lus vir aartappelsop. Daar is ook geen rede hoekom ek dit nie kan maak nie. Ek moet net vir my 'n masher en 'n GROOT pot kry. O en natuurlik tupperware dat ek dit kan vries. Ek is alweer besig om myself honger te praat. Nog net 8 dae dan pay ek. Man, ek kan nie wag. Ek gaan heel EERSTE my kamera koop. Ek is so honger vir foto's ek sal seker so 154 foto's die eerste dat neem. Okay dis nou eers eettyd.
Thursday, June 5
Saterdag 31 Mei 2008
So. Vandag se Seoul trip gaan nou al WEER nie gebeur nie. Blykbaar is dit nogals expensive om te gaan, wat ek nie geweet het nie. Ek het gedink ek moet basically net trein ry tot in Seoul en dan geld spend op kos en so aan, maar blykbaar is dit nie wat gebeur nie. Dit is 03:40 en ek en Sossie kuier in Far from Home. Dis wat gebeur as jy 12uur die aand besef jy gaan inderdaad nie meer Seoul toe nie en en dis te laat om die subway Bupyeong toe te vang. En toe kom probeer chat die gross eienaar van die plek nog vir Sossie op. Sy het obviously eers probeer om van hom ontslae te raak en ek het net oogkontak vermy, en toe maak hy die fatal fout om te se hy sal vir ons enigiets kry wat ons wil he. Needless to say ek dink nie ons gan sommer weer daar vir bier betaal nie.. Maar dit sal beteken dat ons moet teruggaan.
Subscribe to:
Posts (Atom)