Thursday, June 5

Saterdag 31 Mei 2008

So. Vandag se Seoul trip gaan nou al WEER nie gebeur nie. Blykbaar is dit nogals expensive om te gaan, wat ek nie geweet het nie. Ek het gedink ek moet basically net trein ry tot in Seoul en dan geld spend op kos en so aan, maar blykbaar is dit nie wat gebeur nie. Dit is 03:40 en ek en Sossie kuier in Far from Home. Dis wat gebeur as jy 12uur die aand besef jy gaan inderdaad nie meer Seoul toe nie en en dis te laat om die subway Bupyeong toe te vang. En toe kom probeer chat die gross eienaar van die plek nog vir Sossie op. Sy het obviously eers probeer om van hom ontslae te raak en ek het net oogkontak vermy, en toe maak hy die fatal fout om te se hy sal vir ons enigiets kry wat ons wil he. Needless to say ek dink nie ons gan sommer weer daar vir bier betaal nie.. Maar dit sal beteken dat ons moet teruggaan.

No comments: