Thursday, May 29

another day another dollar..

Ok, gister het daar nie regtig iets gebeur nie, behalwe dat ek vir Homever gaan soek het en toe weer so iets soos 3 myl gestap het met 'n swaar sak groceries in my grip. Belaglik. Daar is actually NIE 'n Lotte Mart (huge winkel met ALLES wat jy wil he) naby my nie en dit suck. Ek wil in Bupyeong bly.

O en gister het Janny ipv 'fish and chips', 'piss and chips' gelees. Nearly cracked myself, maar dis nog NIKS in vergelyking met wat vandag gebeur het nie. Ek het begin giggel soos ek en Aletta altyd in die JS Gericke bib gegiggel het. Jy weet jy mag nie, maar dis so lekker en dis net so funny! Daar is 'n liedjie wat ek saam met die kinders sing wat vir hulle die klinkers leer:

a e i o u
a e i o u
a e i o u
Hello! What's your name?

Dan herhaal hulle dit seker so 5 keer en na elke keer is daar 'n ander karakter wat se: 'My name is...whatever. Die een is egter genaamd Fred. Dit is 'n seekoei so hy klink so bietjie dom. So toe Fred klaar ge'My name is Fred', toe, in 'n poging om te herhaal wat hy gese het toe se die een dogtertjie: A..WE! Man ek het amper klontjies gekry soos ek gelag het!

Vandag is die warmste nog. 27 grade Celsius. Die humidity is 100%. Ek wetie wat dit beteken nie, want dit smaak dan vir my ek moet onder water wees.. Ek moet more vir my 'n naweeksakkie pak dat ek na werk na Stephan en Sossie toe kan gaan. Ons gaan lekker kos maak en dan gaan ons Saterdag uiteindelik Seoul toe. Jis dit het lank gevat, maar dit gaan nou uiteindelik gebeur. Ek verlang my sussie.

Ek love die feit dat ek heeldag in slippers klasgee.

Hierdie Jason kind is so dom soos grond. Hoe moeilik is dit om 'rob' te se? Seriously. Dis enigiets van 'lob' na 'luv' na 'lube' na 'lobe'. En dan as ek dit sewe keer na mekaar vir hom gese het en hy 'lube' my nogsteeds dan wil ek hom met 'n stok slaan. Di is waar my geduld opraak. Ek moet asseblief net eendag met 'n slim man trou want ek kan nie dom kinders he nie. En hoekom as hulle moet 'f' dan 'p' hulle en as hulle moet 'b' dan kan hulle ewe skielik 'f'? Dit is 'n fenomeen. Flippen anglisisme.

O en se gou vir my hoe moet ek sewe kinders vir 40minute besig hou met 'n leesstuk van tien lyne en 5 vrae? As ek nie nog met hulle hangman gespeel het nie het ek hulle 20min voor die tyd in plaas van 10min voor die tyd laat gaan. Ek gaan nie probeer om goed uit te dink om met hulle te doen nie. Ek het dit laasweek probeer doen en Steven wou niks weet nie, so why bother.

Dis nou 8uur. Moet nou eers met Moeksie op gmail gaan chat.

Tuesday, May 27

hoekom is die een so lank?


Wel, hier is ons alweer oppad na die 'ander skool'. Nee, ek weet nou nog nie, wat die skool se naam is nie en om die waarheid te se ek gee ook nie regtig om nie.


Ek sien vanoggend op FB Marius het die Korean Symphony gaan kyk. Ek wil OOK dit doen. Maar om een of ander rede dink ek nie Sossie of Stephan sal saam met my wil gaan nie? Ek wetie, ek sal maar kyk. Ek moet net nou flippenwil gesond raak, want as ek weer so heel naweek in my crap klein flat moet sit gaan ek nog 'n foreign siekte ontwikkel en die een mag dalk die hele Korea uitwis.


Ek dink vir my eerste vakansie moet ek en Sossie maar eerder na 'n eiland toe gaan. Hier is tog genoeg hier rond? Dalk Jeju eiland. Dink ek sal vanaand biekie gaan info soek. Daar is apparantly 'n berg wat ek kan gaan uitklim en so aan. Ek sou seker eers heelwat later van die eiland uitgevind het as my kinders nie gister 'n leesstuk daaroor gehad het nie. Ai, ons is hier..


Ek moet se, vandag is al baie beter, maar Steven irriteer my nog altyd grensloos.. Kan hy nie net ophou om my te probeer voorse nie?? FFS. Sing harder. Se dit. Verduidelik dit. Hoe moet ek vir hulle verduidelik wat beteken HOT en COLD? Ek praat nie Korean nie en DIT is hoekom daar prentjies is. As ek nog 'n jaar hier gaan werk sal dit by 'n ander skool wees. Net EEN skool en ek sal sorg dat ek verSEERseker meer pay ook, anders gaan ek Spanje toe. Sal dan seker net my Spaans agtermekaar moet kry, ne? Wel, ons is darem nou al halfpad met vandag se klasse. Ek sien net GLAD nie uit na middagete nie. Ek weet hulle skinder lekker oor my en ek voel SO erg deel van die geselskap ek skree sommer. Ek moet gaan vir 'n manicure.


Dit was vandag BAIE cool. Steven het my actually nou vir die tweede helfte alleen laat klas gee. En die kindertjies freak uit oor my net so by the way.. Veral die een klas. Hulle spring op en begin rondhardloop en skree as hulle my sien. Dan as ek by die klas uitgaan dan hardloop hulle sommer agter my aan en moet die deur fisies in hulle gesigte toegemaak word.


O en die antie in die kombuis se sop het vandag gepeak op die SLEG lys. Ek het twee happe gevat. Die tweede een was omdat ek probeer nice wees het, maar daarna het ek dit veiliger gedink om maar net daar op te hou. Dit was gedroogde vis sop. Jip, en dit het soos skottelgoedwater gelyk. Nasty.


Ek sal vir my 'n toaster moet moet koop. Of dit of ek moet toast op die hotplate probeer perfect. Vanoggend s'n was biekie gebrand. Ek was bang ek laat gaan die brandalarm af. Sou dit nou nie prettig gewees het nie?


Dink ek moet na werk gou Lotte toe gaan en nog groente en dalk vleis ook gaan koop. En 'n pot. Ek wil sop he. Wonder hoe die plek se worcestersous is.


En as jou kindertjies in 'n bad mood is, speel net met hulle hangman. Werk soos 'n atoombom.


Hierdie weer is weird. Vanoggend, soos elke ander oggend die week, was dit mistig en warm. Ja, lekker bedompig. G'n wonder my siekte wil nie 'opdroog' nie. Maar nou (16:50) is dit nog steeds mistig, maar dit is al lekker koud buite. Apparantly reen dit Donderdag. As dit Stellenbosch was het dit nou oor 'n halfuur begin reen.


Ok, dis nou 17:46. Ek het nog net een klas oor en ek dink dit gaan begin reen voordat ek vandag klaar gewerk het. Dit sal nie die eerste keer wees wat ek hier in Inch'on natreen nie tho.


Hehe, ek het netnou amper kliphard vir Sally gelag toe sy gelees het. Die sin wat sy moes lees was: What does he do? He's a mailman. HAHAHAHAHA!!! Toe lees sy: He's a.. bum? Ek moet serious acting uithaal om 'n straight face te hou. Wel, ten minste is dit nie boring nie?


Ek is nou by die flat. Was toe nie Lotte toe nie. Net gou vinnig Buy the Way toe vir skoonmaak goed. My flat lyk biekie na 'n yeti palace. Watse movie sal ek vanaand kyk? Mmmm. Vanishing Point? I think so.
*die foto is van Jeju Island

Monday, May 26

Maandag 26 Mei 2008

Ok, so Seoul het toe NIE gebeur nie. Ek wou so graag gegaan het. Marius het die job as tour guide aanvaar en alles! Ek moes vir my 'n skype head set gekoop het aangesien ek nie my Korean Wi Fi foon kon connect nie for obvious reasons en daar is geen website wat my kan help nie. Vertaal of nie vertaal nie.

Hoekom is ons nie Seoul toe nie? Want Sossie en Stephan het Vrydagaand biekie rof te kere gegaan en toe Sossie my Saterdagoggend 5uur sms toe weet ek die kanse vir Seoul is maar skaars. Anyway, alleen kon ek nie gaan nie, want ek sou verSEERseker verdwaal het en om vir langer as 'n uur alleen op 'n trein te sit is ook nou nie my idee van pret nie. Ek was anyway nog flippen siek ook so dit was seker maar beter. Sou nie baie graag om my buddies wou hoes nie. How unpleasant.

Toe moes ek natuurlik vir Marius laat weet ons kom nie meer nie. Dankie Meneer, maar nee dankie. Kyk voel die vrou toe biekie soos 'n hond. Skaamte. Anyway, ek het hulle dood voor die oe gesweer dat hulle GEEN verskoning het vir DIE naweek nie, so, ons het besluit ons moet al drie maar saam iets doen sodat die ander twee nie weer in die versoeking kom om alleer te gaan drink nie. Hulle het anyway te sleg gevoel so ek weet hulle sal my nie weer drop nie ;-)

Hopelik kan ek weer vir Marius oorreed om saam te gaan Seoul toe. Sal die arme man glad nie kwalik neem as hy nie wil nie. Hopelik het hy nie planne nie.

Die vaak het my nou getref soos 'n trok. Wetie lekker of dit vaak of boredom is nie? Ek het immers baie geslaap die naweek. Bygese ek was siek so ek kon seker nie te veel geslaap het nie? Ek moet maar vanaand vroeg inkruip. Het more al weer die vatterige "I've never seen a Westerner before" kindertjies wat op my hoes en tien teen een my siekte aangebring het!

Ek is seker lelik, maar ek dink dis eintlik die feit dat Steven saam met my gaan en die heeltyd vir my se wat ek moet doen wat my so flippen erg irriteer. Ek kan dit nie hanteer nie!! Ek wens hy wil my net wys hoe om daar uit te kom mbv die subway dat ek alleen kan gaan. En ek wil ook nie meer gedwing word om daai antie se horrible kos te eet nie. Sop isnou nie juis haar sterk punt nie. Hierdie mense moet laat ek vir hulle sop maak! Damn, ek dink ek moet vir my 'n groot pot koop dat ek kan sop kook. Klink na 'n fabulooslike plan.

Kay dis nou al klaar al weer half12 en ek wil nog stort, want dan hoef ek nie moreoggend so vinnig te maak nie. Al rus wat ek vind by die feit dat ek more weer na daardie ander skool toe moet gaan is dat dit 'n dag nader is aan my eerste paycheck en 'n dag nader aan die naweek! Hopelik onthou Sossie haar kamera en dan kan ons lekker baie photies op Facebook sit.

Donderdag 22 Mei 2008

So crap soos wat ek gister gevoel het, het ek sommer toe na werk nog Lotte Mart ook toe gegaan en vir my 'n moerse sak kos gaan koop EN toe nog vir Bupyeong Station ook aangevat, wat NIE 'n goeie idee was nie. Dit was nie snaaks nie. Gelukkig het ek darem op die ou einde by die huis aangekom en VYF tagochi's ('meat-on-a-stick') geeet. Ek het begin om The Cabinet of Dr Caligari te kyk, maar omdat dit silent is, het ek so 18 minute die movie in amper uitgepass. Julle WEET ek pass net uit in 'n movie as daar REGTIG fout is..

Ek het nogals vanoggend orraait gevoel toe ek opgestaan het, veral nadat ek vir myself die beste broodjie ooit gemaak het. Dit was 'n eier en mushroom broodjie. Die brood is 'n corn bread wat soos botter ruik en beyond lekker is. En die botter is so lekker ek moet myself keer om dit met 'n lepel te eet. Anyway, ek het die helfte van 'n massiewe mushroom gevat en dit in grapeseed oil gefry samet sulke groen chive-agtige groen goed wat soos knoffel ruik. Toe die mushrooms en die 'chives' so 'n biekie van die olie opgesuig het toe roer ek 'n eier ook by. Needless to say ek het basically my lippe afgekou. Ek crave nou so erg nog so 'n broodjie ek wil nou net huistoe gaan. Sossie het gese ek moet na werk na haar toe kom, maar ek voel al baie slegter vandat ek laas met haar gepraat het en haar belowe het ek sien haar vannaand. Dink ek moet haar ma bel en se ek gaan nie meer kom nie. Ek het al klaar te veel geld die week spandeer en Saterdag wil ons saam met Marius Seoul toe gaam. Of altans, hy kom saam met ons.

Woensdag 21 Mei 2008

Goeie fok ek voel glad nie goed nie. Die siek het my gisteraand hard en skielik getref. En. Toe ek vanoggend vir Steven vra of ek nie net vanoggend kon afkry nie, toe weier hy. Toe word ek fisies (soos 'n SLAAF) gedwing om saam te gaan na die ander skool toe. FOK weet hoekom, want ek het niks gedoen nie. Ek kon net sowel nie daar gewees het nie. Ek sweer ek gaan vandag iemand aanval. Ek het vir Sossie belowe ek nie tho. Ek moet net vanaand vroeg slaap en sorg dat ek more gesond is. Ek hoef nie eens more gesond te wees nie, solank ek net Saterdag good to go is as ons wil Seoul toe gaan. Okay maar ek moet nou eers probeer klas gee en die monstertjies in toom hou.

*jammer vir die taal maar ek was op daardie stadium effens ontsteld.

Dinsdag 20 Mei 2008

Ek het die fout gemaak om gisteraan Beowulf te kyk in plaas van om te slaap. Nie weer nie. As iemand weer vir my se dis 'n crap movie, moet ek hulle maar net glo en klaar. OF ek moet wag tot ek verskriklik bored is en NIE dringend slaap nodig het nie.

Ek gaan moreoggend slaap tot 10uur, dalk sommer 11uur. Sal kyk hoe ek voel. Dit was dalk ook die naweek se skuld. Ek moet se, dit was nogals uitputtend. EN nou wil MJ (Engelsman) he ons moet Woensdag uitgaan vir drinks by G7. Ek kan nie meer onthou hoekom nie. Anyway, daar is geen fisiese manier ek gaan Woensdagaand erens heen nie. Ek het Donderdag daai terror van 'n klas in die oggend. Ek HAAT dit om vir klein kindertjies klas te gee. Hulle het nie 'n CLUE wat aangaan nie. As ek vir hulle se jou hol sal hulle net eenvoudig agterna praat. Dis baie lekkerder om vir die ouer kinders klas te gee want hulle het darem 'n halwe idee. Ek dink ek en Sossie en Stephan moet maar net rustig chill by die huis die naweek. Dalk sommer by Stephan se flat aangesien ons nie weet hoe Sossie se nuwe flat lyk nie. Sy sal darem seker laat weet as dit onmoontlik is om by haar te kuier.

Goeie hel, daar is party van hierdie kindertjies wat net eenvoudig nie 'n clue het van wat aangaan nie. Daar is kamstig verskillende levels, maar almal werk uit dieselfde boek uit. Die kinders na-aap my net, ek dink nie hulle leer enigiets nie. Ek dink ek moet vir Justin en Ellie, sowel as vir Jim, Janny en Emily aparte lesse opstel. Ek dink ek moet MY boeke gebruik en dit net by die ander lesse inwerk, al weet Steven nie daarvan nie. Hy moet maar vir die babatjies klasgee, ek sal eerder sy skool oorvat.

Maandag 19 Mei 2008

Okay 5 dae is nogals 'n lang tydtjie vandat ek laas iets geskryf het. Wel, intussen was daar 'n naweek wat BAIE lank gevoel het. Dalk omdat ons Saterdagoggend eers hier by 6uur se kant in die bed geklim het. Die subways hou 12uur op met loop, so almal gaan eers so 10uur se kant uit en dan as jy wil huistoe gaan moet jy OF 'n taxi vat OF jy moet wag tot 6uur wanneer die subway weer begin loop. En dan is almal anyway te moeg om tot by 'n subway te loop en pass ons maar net in mekaar se beddens uit. So het ek Vrydagaand by Sossie oorgeslaap en Saterdagaand by Stephan. Ek MOES eintlik by Sossie geslaap het, maar sy het toe ander planne. Die een Amerikaner, Kevin, het sommer aangebied dat ek by hulle oorslaap. No offense dude, maar hoekom sal ek nou nie by Stephan (my VRIEND) bly nie? Ek meen. Ek ken jou nie?

Woensdag 14 Mei 2008

Hiehie :-) Hier is 'n oukie wat my internet install! Hoe cool is dit? As ek vanaand by die huis kom kan ek almal mail en nog wat! Ek kan nie wag nie. Dit is immers nou al 4 dae vandat ekhier is en ek het nog niks kontak met ENIGIEMAND gehad nie. Maar dis OK! Die tyd van donkerte is verby!

Oh goody. Iemand (obviously die ou wat ek gisteraand in die elevator ontmoet het) het vir my 'n briefie op my deur gelos. Uitgevra vir aandete moreaand.. Mmmm.. Ek weet darem nie. Ek dink anyway nie ek het enige credit op my foon nie? Moet maar vandag gou vinnig iewers vir my credit opsit.

Okay, blykbaar betaal jy 10000 Won per maand vir jou foon en jy recharge dit net as die maand verby is.

Goeie genugtig hierdie kinders maak my mal! Party van hulle is nogal oulik, maar o krisis ek sal myself moet keer om nie party van hulle te wurg nie. Sossie het gese ons kan Vrydagaand biekie kuier. Ek kan nie wag nie. Ek dink as ek net eers weer behoorlik saam met Stephan en Sossie gekuier het sal ek fine wees. Dis nou beter nadat ek my internet gekryhet. Nou kan ek darem my sus mail.

Dinsdag 13 Mei 2008

Okay. Dit is FLIPPEN koud. Dit reen en ek sal baie eerder nog in die bed wou gewees het. En hulle se dis besig om somer te word? I don't think so. Gelukkig het ek my thermal underwear aangetrek, anders het my bene nou verkluim. Steven beter nou kom dat ek kan stap OF in sy kar klim, want ek dink ek is besig om blou te raak. O en ek het darem gister vir Sossie ook gesien. Ons het in die Nepalese Restaurant gaan eet. Lekker spicy Chicken Mushroom soup. Ek gaan vandag my students ontmoet. Ek het nie eens gisteraand deur die Engelse boeke gegaan nie, dit was net te laat en ek was doodmoeg. Ok skroef dit ek gaan weer op kamer toe, dis te koud.

Ja en net soos fate dit wou he kom Steven toe daar aan net voor ek weer kon opgaan kamer toe.

Ons was heel eerste bank toe om vir my 'n tjekrekening te gaan oopmaak. Ek wetie lekker hoe dit werk nie want ek kry 'n kredietkaart... Anyway, ek sal darem geld kan oorplaas SA toe wat cool is.

Daarna is ons na die skool waar ek Dinsdae en Donderdae in die oggend gaan klasgee. Ek dink ek het 10 klasse in 2 ure gedoen. Dit is nogals belaglik, want jy kan net vir 10 tot 15 minute klasgee, want die kindertjies is tussen 4 en 7 jaar oud so die attention span is regtig nie up to it nie. Die klasse was van 10 tot 12 en daarna gaan ons af na die kombuis waar hulle vir ons kos gemaak het. Ek moet se ek wou biekie gag toe ek die sop geeet het. Dit was nie sleg nie, die tekstuur was net flippen weird.

Daarna is ons toe na Royal Academia toe wat my EINTLIKE skool is. Daar het Steven my aan my eie genade oorgelaat. DIE klasgee was actually nogals lekker, behalwe dat van die kinders nogal 'n handvol is. En moenie dink dit help as ek se hulle moet sit nie??? Die een groepie gaan ek nog lekker afpers met die Rainbow Song. Ek sweer as hulle my grief gee gaan ek hulle weerhou van hulle musiek!

Ek was darem vandag vinnig op die internet. Ek het my mail gekyk en PROBEER om my Facebook te kyk. Die ding wou nie laai nie tho. Ek kon sien my suster, Pippa, Marius en so 'n ander random dude het my gemessage. Al wat ek kon sien was Marius wat wou weet waar ek is en dat hy sy nommer vir my gestuur het. Ilse het ook vir my gemail om jammer te se dat sy my te laat gebel het.

O en toe ek klaar klas gegee het, toe se Steven sommer ek moet nou SELF huistoe gaan. Dit nadat ek nog net een keer op die subway was! Crazyness... Ek was biekie clueless met my T-money thingie, maar daar was twee vriendelike omies wat my mooi gehelp het. Ek het wonder bo wonder GLAD nie verdwaal nie wat 'n wonderwerk opsigself is.

Ek het actually vanaand House, CSI EN Narnia gekyk. Is nog steeds besig om Narnia te kyk, maar ek weet nie hoe lank ek nog sal kan wakker bly nie. Ek is flippen moeg. Ek het gelukkig mroe 12uur eers klas, maar Steven kom haal my 10uur dat ek vir my medical check up kan gaan. Sien mos nou GLAD nie uit nie. Sossie se hulle kyk jou gums en hulle vat jou borsmaat (?). Sy se sy het soos 'n slaap gevoel wat oppad was om verkoop te word. Hiehie :-). Ek moet moreoggend vir my gaan kos koop. Gelukkis is hier 'n Family Mart net langs my gebou so ek dink darem nie ek sal sukkel nie.

Maandag 12 Mei 2008

Ek sit nou buite my gebou en wag vir Steven. Dis net na 12:30. Ek is nou wel in Korea, maar my kop wil dit nog nie so lekker glo nie. Dit ruik weird. Almal is so klein, wel, nie regtig nie, maar hulle lyk defnitief anders. Hulle staar darem nie te erg nie, so dis okay. Ek hoop nou net nie Steven wou gehad het ek moet hom by die stasie kry nie, want dit g

...wel dit was hier wat Steven my verras het. Ek kan nie veel van vandag onthou nie, behalwe dat ek omtrent 10km gestap het en dat ek more so styf gaan wees dat ek wonder of ek ooit uit die bed gaan kom!

Ek was vandag by Wolmido Park. Daar is nuwe huise wat hulle gebou het in die styl van die 16de eeu. Voor dit was ons by 'n amusement park. Dit is glo 'baie klein', maar daar was baie mense. Steven het vir ons varkvleis wat op 'n stok is (sosatie?) gekoop en dan was daar omtrent 4 of 5 verskillende souse wat mens kan opsit. Ek het probeer om vir die 'minder spicy' een te gaan. Dit bestaan duidelik nie in hierdie land nie. Toe het ons 'n stukkie van 'n show gekyk waar 3 mans (wat NIE gay is nie) opgedress is soos vrouens. Die een ou het gesing, die ander een het tromme gespeel en die derde een het soortvan ritme gehou met sulke weird skere wat hy oop en toe maak en nog op mekaar kap ook. Net langs hulle was 'n stalletjie waar 'n ou oom met dieselfde sker en 'n soortvan troffel 'n groot stuk lekker in stukke staan en kap. Daar is blykbaar verskillende tipes van die taai lekker ('jud'?), maar die spesifieke een was gemaak van pampoen, wat 'n mens actually kan proe. Aletta sal nie van dit hou nie..

Daarna is ons Wolmido Park toe waar ons die berg (moerse heuwel) uitgeklim het. Ek het geen idee hoe lank dit eens gevat het nie, maar ek het verseker gesweet en ek kan al klaar voel hoe raak ek styf.

Ons was by Royal Academia ook gewees dat ek kan sien waar ek gaan werk. Ek het 29 studente en my grootste groep is 7, wat glad nie baie is nie.

Ok, dis nou 01:49. Dink ek beter in die bed kom. More gaan 'n LAAAANG dag wees. Ek kry Donderdag my internet.. :-)

Sondag 11 Mei 2008

Ok dit is 14:00 Hong Kong tyd. Op die oomblik is dit 15:00 in Seoul! Dit is 2086 km nog tot in Seoul. Die weer is erg bewolk op die lughawe maar ek dink nie dis koud nie. Dink die kaptein wat ons hierheen gevlieg het, het iets gese van 22 grade C?

Ons vlieg nou met Cathay Pacific Airline.

Ek het van die Kaap tot in Jozi by die venster gesit en toe in Jozi, toe sit daar niemand langs my nie, so toe sit ek maar weer by die venster. Wat ook beteken het ek kom my lekker plat trek en SLAAP (nie dat daar te veel daarvan gebeur het nie). Ek MOES nou ook by die venster gesit het maar die Korean wat in die middel gesit het toe ek hier aankom was nie lus vir opstaan nie. En ek sit ALWEER op die vlerk. Wonder of dit so beplan is..

Ons is veronderstel om oor 9 minute te vlieg. Laat ons hoop niemand is die keer laat nie.

Ons trek 15:40 weg uit Hong Kong. Die Amerikaanse pilot se ons sal so 2ure en 45 minute lank vlieg.

Ok wat super AWESOME is, is dat daar 'n videokamera agter die middelste wiel van die vliegtuig is en jy kan dit op jou screen reg voor jou sien. Hier kom die LIFT OFF!

Ok dis Maandagoggend 01:23. Ek het alles uitgepak en ek is besig om my klere wat ek vandag aangehad het te was. My internet is nog nie gekoppel nie en my cabel is ook nie reg nie. So ek het 'n computer wat niks beteken nie en 'n televisie met 5 kanale, nie een wat ek kan verstaan nie.

Ek en Steven gaan more skool toe dat ek kan gaan kyk waar ek klasgee EN hoe ek daar moet kom.

Steven het darem vir my water, melk en noodles gekoop, so daar is darem iets in my yskas. Ek hoop net nie ek vergeet dat ek nie die water mag drink nie. Wil nie graag vir 'n week op die toilet vertoef nie. Grossssss.

Ek gaan kyk of ek en Sossie more vir my so 'n paar goedjies kan gaan koop.

Saterdag 10 Mei 2008

Ok, so Pippa het gese dalk kan dit my Korea dagboek wees (let wel ek tik alles hier wat ek in fisies neersgeskryf he EN die kappie op die e bestaan nie in Korea nie so bear with me). Ek reken dit is dan maar net dit. Ek sit op Cape Town International by Gate 13 en wag vir my vlug om te board. Ek het geen idee hoe lank ek nog hier moet sitnie. Ek het nou my Ma, Pa en vir Elizma en Oom Philip ook baai gese. Oom Philip het probeer grappies maak, seker maar om biekie die tension te breek. Pa het net weereens gese ek moet veilig wees en dat ek moet VRA as ek nie weet wat om te doen nie. Mens sal sweer ek is 12 jaar oud. My Ma en Elizma het natuurlik snot en trane gehuil. Ek het net die heeltyd gelag en gese dit is nie so erg nie! Seker meer vir myself as vir hulle. Ek weet as ek begin huil het sou ek seker eers in Johannesburg opgehou huil het. Wel ek sal seker nou enige oomblik op die bus klim. Dis nou 11:45. Dalk moes ek biekie langer buite gestaan het.

Dis nou al 12:02 en ek wag nog steeds. Daar staan ek board om 12:10 so hopelik is my vlug op tyd. Ek het DEFNITIEF nie lus om te wag nie. Ek meen! My vlug is klaar 19 ure lank. Ek kan nie nog onnodig wag nie. Daar is immer 'n flatwarming wat moet gereel word... :-)

12:25 - Bus vertrek oppad vliegtuig toe! Net na half 1 en ek het actually my seat gekry. Dit nadat ek VERBY my seat geloop het en actually moes terugkom. Sal DAAI fout nie weer maak nie! OMG ek sit langs twee Asians. Hoe bizarre is dit??? Praat nou van op 'n knop sit. Dis belaglik. Anyway dis darem net vir 2 ure so dis okay! Hehe :-) dalk gan die twee wat hier langs my sit ook Korea toe!

O ek sit op die regterkantste enjin by die venster. Ons gan nou vlieg en hulle se dit gan bumpy wees vir die eerste 4-5 minute tot ons bo die stratosfeer is. O foxtrot...

Ons beweeg! (12:43)

Ons ry nou tot aan die einde van die runway en dan gaan ons omdraai om op te styg. Dis nogal ver!

Dit is FLIPPEN FANTASTIES!
Ons is nou bo die wolke. Dit lyk soos watte. Ek kan NET wolke sien. Niks anders nie. Toe die vliegtuig nou gedraai het was ek dalk biekie naar, maar noudat ek level met die aarde is, is ek fine :-)

Dit is 13:05 en ek dink ons het sopas oor die Drakensberge gevlieg.
Die ou langs my ruik nie lekker nie..

37000 feet @ 13:15
Ons land oor 'n uur en 11 minute!
Wie was die kunstenaar Mapplethorpe? En Hundertwasser?

Ok. Hier was nou biekie turbulence, maar dit was darem nie so erg dat ek wou gil nie. Hehe :-)

Dit is nou so 21:10 se kant. Ons is al oor Madagaskar en die screen se vir my dis -40 grade C buite. Dit se ook dat ons oor so 9 ure in Hong Kong sal aankom. Ek het 'n MONSTER van 'n kopseer. Ons is nog nie eens halfpad nie? Hier is 'n babatjie wat ook net nie kan ophou grens nie en dit voel of my oe wil uitval so pyn my kop. Dammit ek wetie of ek gaan kan slaap nie..

Nadat ek my kalmeerpil gedrink het, het ek darem van so 'n paar ure ontslae geraak. My kop pyn nie meer en die baba grens ook nie meer nie. Ek is wel naar nou. Nie te dringend nie, net so dat ek 'n bottel water byderhand het. My screen se vir my ons is 12486 m bo die grond. Die temperatuur buite is -59 grade C en ons ground speed is 887km/h. Wel dis die vinnigste wat EK nog ooit getravel het. Ek klim 13:40 weer op die vliegtuig vir Korea. Ek is nou al so effentjies gatvol..