Ok, so Pippa het gese dalk kan dit my Korea dagboek wees (let wel ek tik alles hier wat ek in fisies neersgeskryf he EN die kappie op die e bestaan nie in Korea nie so bear with me). Ek reken dit is dan maar net dit. Ek sit op Cape Town International by Gate 13 en wag vir my vlug om te board. Ek het geen idee hoe lank ek nog hier moet sitnie. Ek het nou my Ma, Pa en vir Elizma en Oom Philip ook baai gese. Oom Philip het probeer grappies maak, seker maar om biekie die tension te breek. Pa het net weereens gese ek moet veilig wees en dat ek moet VRA as ek nie weet wat om te doen nie. Mens sal sweer ek is 12 jaar oud. My Ma en Elizma het natuurlik snot en trane gehuil. Ek het net die heeltyd gelag en gese dit is nie so erg nie! Seker meer vir myself as vir hulle. Ek weet as ek begin huil het sou ek seker eers in Johannesburg opgehou huil het. Wel ek sal seker nou enige oomblik op die bus klim. Dis nou 11:45. Dalk moes ek biekie langer buite gestaan het.
Dis nou al 12:02 en ek wag nog steeds. Daar staan ek board om 12:10 so hopelik is my vlug op tyd. Ek het DEFNITIEF nie lus om te wag nie. Ek meen! My vlug is klaar 19 ure lank. Ek kan nie nog onnodig wag nie. Daar is immer 'n flatwarming wat moet gereel word... :-)
12:25 - Bus vertrek oppad vliegtuig toe! Net na half 1 en ek het actually my seat gekry. Dit nadat ek VERBY my seat geloop het en actually moes terugkom. Sal DAAI fout nie weer maak nie! OMG ek sit langs twee Asians. Hoe bizarre is dit??? Praat nou van op 'n knop sit. Dis belaglik. Anyway dis darem net vir 2 ure so dis okay! Hehe :-) dalk gan die twee wat hier langs my sit ook Korea toe!
O ek sit op die regterkantste enjin by die venster. Ons gan nou vlieg en hulle se dit gan bumpy wees vir die eerste 4-5 minute tot ons bo die stratosfeer is. O foxtrot...
Ons beweeg! (12:43)
Ons ry nou tot aan die einde van die runway en dan gaan ons omdraai om op te styg. Dis nogal ver!
Dit is FLIPPEN FANTASTIES!
Ons is nou bo die wolke. Dit lyk soos watte. Ek kan NET wolke sien. Niks anders nie. Toe die vliegtuig nou gedraai het was ek dalk biekie naar, maar noudat ek level met die aarde is, is ek fine :-)
Dit is 13:05 en ek dink ons het sopas oor die Drakensberge gevlieg.
Die ou langs my ruik nie lekker nie..
37000 feet @ 13:15
Ons land oor 'n uur en 11 minute!
Wie was die kunstenaar Mapplethorpe? En Hundertwasser?
Ok. Hier was nou biekie turbulence, maar dit was darem nie so erg dat ek wou gil nie. Hehe :-)
Dit is nou so 21:10 se kant. Ons is al oor Madagaskar en die screen se vir my dis -40 grade C buite. Dit se ook dat ons oor so 9 ure in Hong Kong sal aankom. Ek het 'n MONSTER van 'n kopseer. Ons is nog nie eens halfpad nie? Hier is 'n babatjie wat ook net nie kan ophou grens nie en dit voel of my oe wil uitval so pyn my kop. Dammit ek wetie of ek gaan kan slaap nie..
Nadat ek my kalmeerpil gedrink het, het ek darem van so 'n paar ure ontslae geraak. My kop pyn nie meer en die baba grens ook nie meer nie. Ek is wel naar nou. Nie te dringend nie, net so dat ek 'n bottel water byderhand het. My screen se vir my ons is 12486 m bo die grond. Die temperatuur buite is -59 grade C en ons ground speed is 887km/h. Wel dis die vinnigste wat EK nog ooit getravel het. Ek klim 13:40 weer op die vliegtuig vir Korea. Ek is nou al so effentjies gatvol..
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment