
3, 4 Junie
Moes noudie dag weer vir Matt en Mickey by hulle actual skool gaan haal. Ek staan en wag nog so toe stop 'n ajima vir my 'n kaartjie in die hand wat 'n Korean kerk promote. Ek het nie die Californian geglo toe hy vir my se ek kan pass vir 'n Korean nie, want apparantly het ek vir die ajima soos een gelyk. So asof ek na 'n Korean kerk toe sal gaan. Hulle kan eerder vir my nog face masks gee? Jip, dis wat hulle doen. Sodra jy by die subway uitkom of om een of ander draai kom dan stop hulle vir jou 'n bribe in die hand. Kan een van hulle nie vir my 'n boks Jacobs koffie gee nie. Man, ek kan nie meer wag vir my kamera nie. Ek weet nog net nie lekker of dit die Sony Cybershot en of dit die Lumix gaan wees nie. Dink ek sal maar 'n biekie navorsing moet doen..
Die week het nou regtig vinnig verby gegaan. Dit help seker ook dat more die laaste dag van die week is. Langnaweek! Net jammer ek het nog nie geld om enigiets te doen vir die langnaweek nie. Blykbaar is daar moreaand 'n partykie by Woodstock en G7. Ek weet nie regtig of ek krag het daarvoor nie, want dit beteken ek moet weer wakkerbly tot 6uur toe en dan die subway huistoe vat en ek is al klaar moeg soos ek nou hier sit. Ek sal maar sien wie gaan almal na die partytjie toe. Dalk basseer ek my besluit sommer daarop.
Mem. Moet vanaand op die internet kyk vir kamera, 'n spa iewers naby en HSBC bank dat ek kan aansoek doen vir 'n Visa, want so kan dit nie aangaan nie.
Oe en dieselfde vliegies wat in SA altyd in my wyn val kry 'n mens apparantly in Korea ook. Die een wat nou voor my gesig rondvlieg soek however vir 'n klap.
Jissou en ek moet dalk vir my 'n mop koop, of iets soortgelyks want my flat is in 'n biekie van 'n chaotiese toestand.
OK die kamera om te koop is die Lumix FS5, 10 megapixels, 30mm wide lens. Ek dink in Korea noem hulle dit iets anders tho. Ek sal maar sien, maar ek dink ek soek die DMC-TZ15 GD-K. Dit het 'n 28mm lens wat nog cooler is.
Damn, ek dink die enigste spa wat hulle actually op die web adverteer is in Seoul?
11 Junie, Woensdag
Ek het vandag officially besef hoe geskroef ek is. Blykbaar moet ek vir DRIE skole werk vir die prys van een. As ek dit geweet het, het ek by die huis gebly en vir my werk gesoek by 'n ander skool. Sossie se nou ek moet vir my 'n ander werk soek, maar hoe de ongeluk gaan ek dit doen as die man wat my moet help die oorsaak is van my probleem? Ek gaan vanaand vir Charlton mail. Dalk kan hy my moed inpraat.. Darem nog net twee dae dan is dit naweek. Ek kan fisies nie wag nie. Ek gaan 'n lekker bottel wyn probeer opspoor by Homever. Sal maar gaan vir die Franse wyn. Dalk moet ek vir Elizma message vir raad.
12 Junie, Donderdag
Ek het nou nie so baie gepay soos ek graag wou nie. Ek wou byvoorbeeld vir my 'n kamera gekoop het, maar ek moet nou maar eers my won spaar tot volgende maand. Ons moes eintlik Saterdag ons kaartjies vir ons holiday train gekoop het, maar ek weet nog nie wanneer my vakansie is nie want ek kan dit nou blykbaar eers volgende week hoor.
16 Junie, Maandag
Wel, ek het sopas gehoor ek gaan nog net tot die einde van die maand werk en dan gaan ek HUISTOE! Kom dan natuurlik oor 'n maand weer terug. Gaan dan dalk by Stephan se skool werk en as ek nie daar werk nie gaan ek iewers in Bucheon werk. Hoop net dis naby Sossie en Stephan of naby Marius of Mareli. Ek wil nie heeltemal alleen in die gopse gan sit nie?
17 Junie, Dinsdag
Steven het vandag my Lumix FX520 oor die internet bestel! In SA sal jy vir dieselfde kamera meer as R5000 betaal, sonder enige ekstras. Ek het nou om en by R4080 betaal en dit is met 'n camera carrier case en 'n 2 gig memory kaart by. Nice.
18 Junie, Woensdag
Ek was vandag vir my onderhoud by Stephan se skool en ek moet se dit was BAIE cooler as wat ek gedink het dit sou wees. Ek het daaraan gedink om dalk by Mareli se skool ook aansoek te doen, maar blykbaar het hulle nie dringend mense nodig nie, want ek het nog nie die nommer gekry dat Steven hulle kan bel nie. Dalk mail Mareli my vanaand.
29 Junie, Sondag
Wel, na 'n moerse struggle gaan ek nou (hopelik) by 'n skool in Suwon gaan werk. Dit nadat ek amper vir Steven 'n donnerse klap gegee het. Hy wou my WRAGTAG saam met sy skool verkoop het. Een van die kinders se pa wil blykbaar die skool koop, maar dan moet ek daar bly werk. Gelukkig is dit mos nou nie my probleem as Steven bankrot is nie. As hy nou bankrot is dan het hy dit mos twee maande terug al geweet! Nou vir WAT laat kom hy my dan van die ander kant van die aardbol af?? Hy WEET mos hy moet my betaal. Stupid poepol.
Anyway, ek het Vrydagaand samet Beney en Mareli na die Nextfloor Music Fest toe gegaan. Ons het eintlik net gegaan om Infected Mushroom te sien en dit was DEFNITIEF die moeite werd! Al het ons biekie verdwaal nadat ons nie die shuttle kon kry nie, en al het ek hopeloos te erg uitgefreak en myself gemaim. Jip. Ek het twee ure straight gedans soos 'n klein beserker!!
Pendulum het gisteraand gespeel, maar ek was honestly nie weer lus vir die mission nie. EN dit het gereen. EN dit was baie geld wat ek nie regtig op die oomblik kan spend nie?
Vandag is lekker rustig. Ek kyk movies, leer so 'n biekie my tale, maak so 'n biekie aan die kant, was wasgoed. Ek trek immers Woensdag na Sossie toe!!
1 comment:
nice post. thanks.
Post a Comment